Onderstaand gedicht ‘over het recht op een vlag’ is op verzoek van prof. Sjef van Erp geschreven als afsluiting van zijn academische afscheidsrede aan de Universiteit van Maastricht op 23 september 2021. Prof. Van Erp woont in Berkel-Enschot. Het gedicht is bedoeld om eer te betonen aan zijn dierbare en inspirerende collega prof. André van der Walt (1956-2016) die was verbonden aan de Universiteit van Stellenbosch. Prof. Van der Walt (geen familie) is helaas te vroeg overleden. Hun gedeelde onderzoeksterrein was het recht met betrekking tot grondeigendom.
door Carina van der Walt
oor die reg op ’n vlag
vlaghysparades elke Maandagoggend
gestol op aandag buig styf voor ’n vlag
’n generaal te perd oor ’n verlate dorpsplein
in sy hand klem hy sy vlag met wit kneukels vas
salueer die soldaat die huis van Rodenko hys rooi sy vlag
drapeer die driekleur oor die kis ’n trompet blaas vaarwel
’n vlag is verdag – ’n vlag is speels
baniere kleur feestelik die strate oranje
vlagskipwyn vir die koning & ’n wapperende vaan
’n slinger vir babatjie A ’n ooievaar vlieg deur ’n raam
geslaag met vlag & wimpel bengel ’n skooltas leeg by ’n vlag
bootjies vaar vrolik oor kanale beleefd met vlaggies voorop
die eie vlag agterop heelbo plant die bouer fluit-fluit sy vlag
maar die klimaat se vlag hang halfmas
windperde skuim oor die see voorspel ’n storm
hang lung ta’s uit oor die berge van Tibet gebeds-
vlae vir die verlore klein land van die Dalai Lama
swaai wit die vredesvlag teen oorlog
dra dit soos die lendedoek van Mahatma Gandhi
vergeet die reënboogvlae op Amsterdam se gragte
vergeet die Spele se wenatlete wat hulleself
ekstasies toevou in landsvlae sport is oorlog
vergeet Marianne vrygeveg met haar vlag
voel hoe Rilke se vlag die storm aanvoel
koester soos Mandela ’n laaste ideaal koes-koes
vir jouself verloor onttroon jou selfgeregtigheid
gaan hys ’n vlag vir jou dagdroom
Carina van der Walt (Welkom, ZA, 1960) studeerde Nederlands en Afrikaans. Zij doceerde aan de Potchefstroomse Universiteit in Zuid-Afrika en kwam via een uitwisseling met de Universiteit van Tilburg naar Nederland, waar ze is gebleven. Zij is redacteur van Brabant Cultureel.
Illustraties: Geïnspireerd op Le Vent Souffle Où Il Veut van Daniel Buren. Honderd vlaggenmasten met daaraan evenveel windhanen, nu te zien in de jachthaven van Nieuwpoort, België, oorspronkelijk gemaakt voor Beaufort 2009 en geplaatst op het strand van De Haan. Fotobewerkingen > Hans Lodewijkx
© Carina van der Walt & Brabant Cultureel 2021